-
Spreuke 7
- 1 My seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou;
- 2 onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel;
- 3 bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart.
- 4 Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling,
- 5 sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.
- 6 Want ek het deur die venster van my huis, deur my tralievenster uitgekyk,
- 7 en ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense 'n verstandelose jongman opgemerk,
- 8 wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap,
- 9 in die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker.
- 10 En kyk, daar kom 'n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en listig van hart —
- 11 sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie —
- 12 nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer.
- 13 En sy het hom gegryp en hom gesoen, met 'n onbeskaamde gesig vir hom gesê:
- 14 Ek moes dankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal;
- 15 daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry.
- 16 Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne;
- 17 ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel —
- 18 kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste.
- 19 Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan,
- 20 die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom.
- 21 Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.
- 22 Hy loop skielik agter haar aan soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot,
- 23 totdat die pyl sy lewer splits; soos 'n voël haastig na die vangnet vlieg — sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.
- 24 Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond.
- 25 Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie.
- 26 Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.
- 27 Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.
-
-
King James Version (kjv)
- Afrikaans
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Chamorro
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Myanmar Burmse
- Norwegian bokmal
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Thai
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
-
Active Persistent Session:
To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.
How This All Works
Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.
However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.
Please Keep Your Favourite Verse Private
Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.
The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.
-
Loading...
-
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction
Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.